Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
"Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #41785] Di, 08 Mei 2001 16:27
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Man met Horries
D.J. Opperman

Ek troos my voor die hawekroeg se vuur
toe daar groen goeters gloei: ek was verstrooi;
maar met die weerkyk toe hulle nog voortduur,
het ek hul onder steenkool toegegooi.
Tog, flakkerend uit die rook kom een-een later
die lintdraak, kroeskop en likkewaan
na bo gebeur, afskuwelik en kwater
as my dubbelgangers in die klipboog staan:
“Die waarheid word nie deur die vuur verbrand,
maar lewe in die hart se kaggel voort
en sal daar rook en smeul, maar eindelik brand
en onverwags uitflikker in die woord.” –
Ek het die wondere van God beskryf
en al die monsters uit my hart verdryf.
Vorige onderwerp: "Jann Weiss, new age teacher" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Skakeringe van Blou" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:02:04 MGT 2024